top of page

Die Boskamp

Hier kan jy jou oorgee aan die stilte.

Ons bied selfsorg verblyf in 2 permanente, luukse safari-tente wat elk op hul eie houtdek opgeslaan is. Elke tent het 'n slaapkamer met koningin grootte bed, ‘n sitarea, stoep en ‘n ensuite-badkamer met 'n privaat buite-stort (met gas geyser), spoeltoilet en wasbak. Daar is ook ‘n bad in een van die tente. Ons het ook twee “hang"tente, wat aan kabels van die kranse hang. Elk van hierdie tente kan 2 persone slaap - ideaal vir kinders.

 

Daar is 'n gemeenskaplike boma met 'n vuurput en ingeboude braaiplek. Ons het ook 'n pizza oond vir lekker bak. Swem in die rots swembad met ‘n kuierdek waarop jy ‘n yskoue skemerkelkie kan geniet. Dit is ideaal vir besoekers wat die sonsondergange, sterre, en vlamtonge met 'n glas wyn in die hand wil geniet.

 

Daar is nie elektrisiteit of enige selfoonopvangs nie, maar daar is gasgeriewe by elke badkamer en die kombuis en lig word deur sonkrag voorsien. Daar is wel 'n plek om jou selfoon te herlaai (vir al die foto's wat jy gaan wil neem). Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gas yskas en vrieskas en ander kombuisbenodighede. Eet of kuier saam op die ‘kuierdek’ met uitsigte van die waterval.

 

Die tente is onder die oorhang kranse geleë en die plantegroei bied nog meer privaatheid.

 

Beddegoed word verskaf.

Black Experimental Art Deco Fashion Webs

TARIEWE

 

Daar is 'n minimum bespreking van 2 aande.

Koste vir die Boskamp beloop

R 2500 per nag.

Kapasiteit               2 persone

 

Inkloktyd               12:00-16:00

 

Uitkloktyd             11:00       

*Die kamp het slaapplek vir 'n maksimum aantal van 4 volwassenes en 4 kinders, en is nie geskik vir 8 volwassenes nie.

Geen kinders onder 10 nie.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

bottom of page