top of page

Die Boomhuis

Die Boomhuis is teen die kranse en tussen die boomtoppe gebou.

Perfek vir ’n privaat, romantiese wegbreek.

Ons gesellige boomhuis het slaapplek vir 2 op 'n dubbelbed. Die oopplan kamer en leefarea lei na ’n dek met uitsigte oor die omliggende plase wat julle sprakeloos sal laat. Daar is ’n buitestort en bederfbad.

 

Die kombuisie is toegerus met ’n yskas en vrieskas, gasoondjie, ’n tweeplaat-gasstoof en ander kombuisbenodighede.

 

Saans kan julle aan ’n lamstjoppie smul, salig op die houtdek ontspan en julle aan die sterreprag verkyk.

Black Experimental Art Deco Fashion Webs

TARIEWE

 

Daar is 'n minimum bespreking van 2 aande.

Koste vir die Boomhuis beloop

R 1 500 per nag.

Kapasiteit               2 persone

 

Inkloktyd               12:00-16:00

 

Uitkloktyd             11:00       

bottom of page