KLEIN
Stoffberg
WELKOM
Klein Stoffberg bied luukse selfsorg akkommodasie en is geleë tussen Modimolle (Nylstroom) en Vaalwater ongeveer 47km van die Kranskop Tolhek.
AKKOMMODASIE
Glamping bied vir gaste die geleentheid om die natuur te beleef en te ervaar sonder die moeite om ‘n tent op te slaan. Jy kan dit selfs voorstel as ‘n opgradering op ‘n kamp-ervaring. Jy pak net jou eie tassie en kos en trek in ‘n pragtige tent in – reeds opgerig in ‘n pragtige omgewing vir jou gerief. Daar is geen moeite om al jou kamptoerusting in te pak en op te slaan nie, geen tent wat se penne ingeslaan hoef te word nie en geen slaap in ‘n slaapsak op ‘n opblaasmatrassie nie.
Glamping is ‘n luukse ervaring, waar jy die natuur kan geniet vanaf jou tent se dek terwyl jy ‘n glasie wyn geniet. Gaan stap op die plaas en pak vir jou ‘n piekniekmandjie om langs die pad te geniet. Glamping bied jou dus die ervaring van kamp en die gerief van luuksheid.
Ons het twee akkommodasie opsies op Klein Stoffberg: Die Boskamp en Die Boomhuis.
AKTIWITEITE
Elke oomblik is ‘n tydlose plesier.
Indien jy egter na aktiwiteite soek om jou besig te hou is die moontlikhede op Klein Stoffberg eindeloos en sluit staproetes, ‘n goeie voëlkyk, swem in die rotspoele en verskeie koppies en watervalle om te verken in. Ontspan op ‘n kampstoel of die rusbanke met ‘n goeie boek en loer na die witkruisarende wat op die kranse broei. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid van aantreklikhede en aktiwiteite op aanbieding in die area.
Die watervalle vloei slegs gedurende die reënseisoen, ongeveer vanaf Desember tot Junie.
Jannie van Staden
I don't know how Johan and his awesome team accomplished what they did with the treehouse... BUT the quality and neatness of the work... the furniture and the way everything is presented and maintained is beyond words... thank you so much for an absolute breathtaking weekend and experience... will be visiting again...
This place called Klein Stoffberg is calling out an invitation to people who love nature, need to get away from the city lights, want to connect with friends and family again (no staring into cellphones, trying to win someone’s attention).
Go lose yourself and then find yourself again in only a few days. You owe it to yourself.
Elize Fourie
Wat 'n belewenis!!!!!! Klein Stoffberg is maar net 'n MOET!!!! Ons het die afgelope naweek daar spandeer en dit was onbeskryflik lekker. Om een te word met Moeder Natuur is so nodig vir ons siel en hierdie plek voldoen aan al die vereistes. Skoon, netjies, luuks en so maar so gerieflik!!!!! Ek kon nie ophou fotos neem nie. Johan, jy en jou gesin het die wonderlikste wegbreeknessie gebou en ons is jul ewig dankbaar dat jul dit met ons en ander deel. Ons sien werklik baie uit na ons volgende Klein Stoffberg kuier.